Testimonies of Clients:

Home


Let daarop dat vertroulikheid in die terapie van uiterste belang is!

Daarom word geen name by die terugvoer van kliënte geplaas nie.



Op die vraag, “Het jy baat gevind by TRE”, antwoord kliënte as volg:


“Ek het begin om my lewenstempo aan te pas, danksy TRE. Ek is rustiger en baie meer bedaard.

Ek stel ook nou makliker grense en sê makliker “NEE”.

Ek verstaan my liggaam en die effek van stres aansienlik beter!”


“Hierdie is ‘n opwindende en “life changing” ontdekking!”


“Ek het baie baatgevind by TRE. Dit was goeie “me time”. Dit het my herinner aan ‘n paar belangrike ding wat ek lankal vergeet het - soos ontspan, korrek asemhaal, stadig strek, die invloed van die psige op die liggaam en die nut daarvan om holisties na mens se welwees te kyk. Ek het heerlik ontspan en goed gevoel na elke sessie!”


“Ek voel rustiger, is minder angstig en slaap baie beter!”


“Ek slaap baie beter. Wanneer ek TRE doen, is my RUSTELOSE BENE baie rustiger.

Ek voel meer in beheer en “cope” beter.”


“My pa se dood het baie spanning gebring a.g.v.al die administrasie en romp-slomp.

Ek het ‘n paar keer gevoel ek gaan nie byhou nie en dit was vir my ‘n ontlading om TRE te kon doen.”


“Ek is soveel rustiger! Na my chemoterapie het dokters gesê ek is in vroeë menopause. Ek het egter Vrydag begin menstrueer! Ek dank God vir TRE wat oor my pad gekom het.”


“Ek het baie baat gevind by TRE, hoewel ek aanvanklik baie skepties was.

Dit het my baie gehelp om die druk van ‘n besige program en stres te hanteer.

Ek het meer in beheer gevoel met die hantering van vergaderings. My emosies was meer stabiel.”


"TRE het vir my net op die regte oomblik gekom en ek is diep dankbaar vir Anette vir hierdie geskenk. Ek het my letterlik in die volgende fase van my lewe ingebibber en beef. Soveel spanning het weggeval en iets nuuts kon opstaan om geleef te word. In dankbaarheid"


“Ek slaap soveel beter vandat ek TRE begin doen het!”


“Ek het geen angsaanvalle meer gekry sedert ek met TRE begin het nie!”


“I started TRE after having a breakdown in my work and suffered from severe anxiety.

Now I feel more grounded,calm, relaxed and more in control of my life. No more panic attacks!”



Op die vraag, “Het jy enige fisiese of emosionele veranderinge ervaar gedurende die 6 weke TRE sessies?”, antwoord kliënte as volg:


“Ek was by tye heeltemal emosioneel oorspoel gewees. Dikwels was dit juis net die wete dat ek in ‘n veilige omgewing is met sielstrelende musiek en liefdevolle aanvaarding in die groep. Ek het verskeie uiteenlopende emosies ervaar… Ek is ook bewus daarvan dat my sintuie opgeskerp is en ek kleur, reuk en smaak meer intens beleef.”


“Ek is nie meer so depressief en angstig nie! Ek “cope” baie beter met werksdruk. Ek is ook baie kalmer as voorheen.”


“Beslis! Ek het van die emosies van chemo terapie ontslae geraak! Oor die algemeen is ek ook nou baie rustiger.”


“My bloedsuiker het gedaal en my linkerbeen wat altyd opswel swel ook nie meer so baie nie.”


“Ek kan nou nugter dink oor die gewapende aanhouding waardeur ek gegaan het, is nie meer so kwaad nie en ek het gevoel ek kan nou vir die eerste keer daaroor praat.”


“Ek is oor die algemeen kalmer en kan nou beter fokus op wat ek doen.

Ek raak nie meer so maklik ontsteld as iets verkeerd loop nie.”


"TRE het my gehelp in ‘n baie moeilike fase waarin ek nie kon ophou huil nie. Dit was asof ek skielik uitgesort was en met ander oë na my omstandighede kon kyk."


"Since I have been 25 I have suffered from back ache and various other aches and pains, plus arriving into this world unconscious after having 2 divorces, a miscarriage, and numerous failed relationships I had my fair share of stress and trauma.I found that TRE benefitted me in surprising ways.3 -4 times a week I gladly get on to the floor to tremble as I find it really eases and releases physical tension in my body, plus I was surprised how easily I went very deep and released a lot of suppressed stress and trauma, emotionally.


“Ek kon fisies voel hoe my lyf elke week beter reageer met dieper “tremors”. Die effek was dat ek diep ontspanne e “grounded” begin voel het met elke week vooruitgang en vordering.

Dit is inspirerend om die terugvoer van die res van die groep te hoor.”



Oor die groepsessies en die aanbieding reageer kliënte as volg:


“Ek het baie geleer uit die manier waarop jy met ons gewerk het. Jy het elke persoon belangrik laat voel en dit was wonderlik - dit gebeur nie baie in die regte lewe nie en was goed vir elkeen van ons.

Jy was baie geduldig en het alles so deeglik verduidelik. Jy is passievol en oortuigend oor die nut van TRE en dis inspirerend. Jy straal ‘n “happiness” uit wat aansteeklik is.”


“Dankie vir die skep van ‘n veilige, deursigtige ruimte deur self deursigtig te wees - “the leader makes the team”.


“Ek wil net dankie sê vir die mooi sensitiewe manier waarmee jy elke individu behandel en die klasse aanbied.

Dankie vir jou geduld en dat jy elke persoon spesiaal laat voel. Ek sê dankie, maar nie totsiens nie!”


“Ek het veilig gevoel, en ek hoef net te deel wat ek wou, maar ek het nooit gevoel ek moet terug hou,

of wou nie deel nie.

Veral na die 2de 6 weke kan ek sê dat dit amazing is om te sien hoe mense se gesigte begin lyk soos blommetjies wat oopgaan, en hulle het nie veel insette van buite nodig nie, die ontknoping begin op ‘n fisiese vlak van binne, na die emosionele vlak en dan na buite!”


 If you are looking for something that is easily learnt and very beneficial then TRE is your answer. I just advise you to find the time to do the 3 sessions at home between the group meetings, as your process is that much quicker – and you will feel supported and safe under Anette’s guidance when your body decides to be more adventurous.

Other benefits have been that I sleep better, my night sweats are less, I feel far calmer and quieter with in, and I really enjoyed being with the other members of the group."




Op die vraag,  “Sou jy TRE vir familie of vriende aanbeveel”, antwoord kliënte as volg:


“Beslis! Ek is in my hart oortuig dat ALMAL wat ek ken by TRE kan baatvind.

Omdat ek self aanvanklik so moeilik aan die konsep wou byt weet ek egter dat veral my familie dit uiters vreemd vind, maar ek kan net hoop dat hulle uit my kalmte kan leer en dit graag dan self sal wil doen.”


“Beslis! Ek dink baie mense kan daarby baat om hul eie trauma en spanning te verwerk.”


“As dit vir my gehelp het, glo ek dit kan ander ook help.

Almal gaan daagliks deur probleme met die lewe wat so gejaagd is.”


“I appreciate the time and effort you invested in the group. The greatest benefit for me was that my blood glucose levels came down. TRE will now become a way of life for me.”



“Baie, baie dankie vir die geleentheid en bekendstelling aan TRE, Anette. Die “tool” is nou deel van my lewe se “toolbox”.



TRE  Tension & Trauma Releasing Exercises UNLOCK your body’s  NATURAL HEALING MECHANISMS  to release tension and bring physical and emotional healing.